Volg jou hart....dit ken die pad.

Op 'n pragtige Saterdag het twee wonderlike jong mense hul harte gevolg en mekaar trou beloof. Elke naweek is daar troues en elke naweek voel ons besonder bevoorreg om deel te kan hê daaraan. Dis asof die Here ons elke naweek net weer kom herinner dat die liefde die pad is om te volg. Daarom wil ons saam met 'n gelukwensing ook net dankie se vir Madelein en Albertus dat ons kon deel in jul dag.

Die dekor was sag en romanties met baie insette van die bruid self. Die kos was soos altyd heerlik en die aand was die dansvloer die plek om te wees. Hierdie mense kon vir jou dans! Ons wens jul net voorspoed en liefde toe vir die toekoms en mag jul ook soos ons gereeld herinner word dat jy jou hart moet volg.....dit ken die pad.


Featured Posts
Posts Are Coming Soon
Stay tuned...
Recent Posts
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

 

 

Die lighhuis.jpg

INDIEN JY ENIGE VRAE HET, KONTAK ONS GERUS

  • Facebook Round

LIKE US ON FACEBOOK