Pieter en Janneke se mooi dag.
Laatson was weereens bevoorreg om deel te kon hê in 'n 'stunning' troue. Te danke aan die bruidspaar se kreatiewe idees het die saal heeltemal anders as gewoonlik vertoon met tafels in kruise gepak en vierkantige botaniese versierings wat dit 'n 'magical' gevoel gegee het. Ons wens jul twee net die mooiste en beste op jul pad vorentoe. Geniet mekaar en geniet die liefde...






